Malema word uitverkoop


Julius Malema se plaas, Schuilkraal, in die Pietersburg distrik word op 10 Junie opgeveil om sy skuld by die belastinggaarder af te los.

Die voormalige ANC-jeugleier het glo hoofsaaklik kool en ander groente gaan plant nadat hy deur die ANC verjaag is uit die Jeugliga.

Die plaas sal deur Park Village Auctions, in opdrag van die kurator opgeveil word.
Navrae dui daarop dat die plaas sowat R4,5 miljoen werd is wat beteken dat die twee eiendomme gesamentlik nie voldoende fondse sal lewer om sy skuld by die Ontvanger van Inkomste sal delg nie.

Die plaas is voorheen deur Malema aangekoop teen R4 miljoen.

Die veiling volg kort nadat die luukse huis wat nog in aanbou was verkoop is op ’n veiling.

Die veiling vind plaas op Schuilkraal.