Luiperd rig groot skade aan


’n Bekende boer, mnr. Jannie Kotze van Aurora is erg ontsteld nadat ’n klomp van sy skape deur ’n luiperd doodgebyt is.

Jannie Kotzé van Die Tuin in die Aurora gebied was geskok toe hy by sy skape kom en sien dat nie minder as 36 dood gebyt s nie.

’n Luiperd, wat vir etlike jare die boere se geduld beproef, het 11 dragtige ooie en 25 lammers doodgebyt.

Die wit dorperskape is aan die keel gegryp en gebyt.

Mnr.Kotze reken dit is tyd dat iets gedoen word van natuurbewaring se kant. Sy skade tot dusver word op nagenoeg R50,000 beraam.