Lonmin bly gevaarlik


Berigte is ontvang dat geweerskote afgevuur is by die Wonderkop-stadion in Marikana toe diel stakende mynwerkers vergader het.

Dit is nie bekend wie met gewere daar opgedaag het nie, en ook nie of iemand raakgeskiet is nie.
Na bewering is tussen ses en tien skote is gehoor terwyl werkers na die stadion gestap het.

Joseph Mathunjwa, die president van die Association of Mineworkers and Construction Union, gaan blykbaar die werkers vra om die staking te beëindig.

Die mynwerkers het begin staak en eis dat die National Union of Mineworkers (NUM) se kantore by Lonmin gesluit word.
Waarnemers het berig dat die atmosfeer gevaarlik spanningsvol is en dat polisie hierdie keer hulle afstand hou.
(Elders in Die Vryburger is ’n foto van die byeenkoms)