Lieflike eenslaapkamereenhede!


Dit lyk vir my of daar in Azanië redelik baie gratis kantoorruimte en leefeenhede beskikbaar is.

Die eenhede waarvan gepraat word sluit voordele in soos mobiele DSTV, telefoongeriewe, verskeie stowwe om te rook, snuif, lek, inspuit, aansmeer, indruk of pruim, konjak en gratis kos, was-diens en skottelgoeddiens. Water, krag en vullisverwydering is gratis, geen erfbelasting gehef en geen verantwoordelikhede geëis nie! Al prys wat jy hiervoor gaan betaal is die bietjie wat jy in boet op jou vryheid van beweging (aangesien jy van die huis af sal werk) en die moontlikheid van geleentheidsbepaalde tikkie ongevraagde sodomie, waarvoor opgemaak word deurdat die gebou toegerus is met ‘n spesiaal ontwikkelde vigsvoorkomingstelsel wat genoem word die Sisteem Teen Ongewensde Retroviale Toestande, ook bekend as “stort”. ‘n Verdere voordeel is dat jou inwoning permanent op rekord geplaas word wat een van die kernvereistes is vir presidentskandidate in Azanië. (Al wat Zille nog kort!)

Moet egter nie jou “gangnamstyle” uitruk as jy ‘n eerbare mens is nie, want die spasie is net vir kriminele beskikbaar en om hierdie spasie te bekom is moeiliker as vir ‘n wit man om bevordering te kry in die staatsdiens. Dit is ‘n fyn lyn wat jy moet bewandel met die balans van ‘n veertienjarige Sjinese gimnas. Hier is wat jy moet doen om van hierdie leefeenhede te bekom:

Jy moet ‘n misdaad pleeg! Ja, ek besef dit klink maklik, sluit nou eers jou pasteiholte tot ek klaar gepraat het. Die moeilikheid is dat jy nie net vyf poppe kan steel by ‘n Justin Bieber konsert nie, want so fyn beplande misdaad sal die polisie nooit kan oplos nie en jy sal dus nie gevang word nie. Aan die ander kant, as jou misdaad te openbaar is, soos grootskaalse korrupsie en die oorname van ‘n militêre basis vir privaat gebruik, wil die polisie nie betrokke raak nie want hulle dink dan Zuma is jou vriend. Jy wil verkieslik tronk toe geneem word agter in die kaas-wa. As jy iets doen wat ‘n polisielid kwaad maak kan jy dalk tronk toe geneem word ‘n paar meter agter die kaas-wa aan ‘n tou. Dit is ook ongewens en lei tot rowe en die dood.

Die ideale balans lê in dinge soos algemene bedelbedrywighede. Steek iemand dalk matig met ‘n gebreekte bottel. Vermy renosterstropery, dit is ‘n sensitiewe kwessie en jy word dalk geskiet.

As jy die ideale behandeling wil hê, doen dan iets wat die polisie en regering nie voor omgee nie, soos ‘n plaasaanval op blankes!

Tot volgende slag
Die Sweep