Lae brandstofprys in VSA help luukse voertuigverkope


Die goeie verkope van sport-nutsvoertuie en bakkies wat deur General motors, Ford en Chrysler in die VSA ondervind word, word toegeskryf aan die lae brandstofprys in die land. ‘n Litter loodvrye brandstof het op 9 Mei $0,77 per liter gekos (R7,30 per liter teen R9,50 per $).

Wetgewing word op motorvoertuigvervaardigers geplaas om die vrylating van koolstofgasse voortdurend te verlaag en die verkope van groter voertuie is nie die ideale toestand om dit op nasionale vlak te bereik nie. Motorvervaardigers wys egter daarop dat swaarder motorvoertuie se brandstofverbruik die afgelope jare aansienlik verbeter het. Ligte voertuie was ongeveer 20% van die VSA se verkope vir April.