Kuberkrakers skud SAPD


Die Suid-Afrikaanse polisie woordvoerders wil nie iets kwytraak teenoor die media rakende hulle webblad wat deur kuberkrakers ingebreek is nie.

Die webblad, www.saps.gov.za is deur kuberkrakers binne gedring.
Die persoonlike inligting van klaers en informante is ook ter sprake.

Brig. Phuti Setati, polisiewoordvoerder, wou nie eens bevestig of die polisie die aangeleentheid wel ondersoek nie.

e-News Channel Africa het berig dat “fluitjieblasers” se besonderhede bekend geword het na die webblad gekraak is.

Die kuberkrakers het blykbaar al die inligting op ’n openbare webblad geplaas en selfs op Twitter daaroor gespog.

Die vertroulike inligting van mense wat klaers is en inligting aan die polisie deurgee, se identiteit is nou wereldkundig gemaak.

Dit sluit onder meer in die telefoonnommers, e-pos gegewens asook identiteitsnommers in.
Volgens die TV nuus-kanaal het die krakers selfs die gebruikers name en wagwoorde van verskeie polisielede bekend gemaak.