Kredietkaart bedrog bly groot krisis


Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) het bekend gemaak dat kaartbedrog met plaaslike bankkaarte ietwat verminder het in Suid-Afrika.

Die bedrog is egter steeds in Suid-Afrika van die hoogste ter wereld.

Mense wat oorsee reis moet egter katvoet loop want in Europa verhoog dié soort bedrog veral met Suid-Afrikaanse kaarte.

Dit is vasgestel dat die soort bedrog met meer as 10$ toegeneem het in die afgelope jaar.

Die meeste bedrog en vervalsing van kaarte vind in Sentraal Transvaal plaas waar byna R75 miljoen verlies aangeteken is.

Die veranderde en meer gesofistikeerde kaarte bemoeilik vervalsing en bedrog, en die verwagting is dat die soort misdaad mettertyd aansienlik sal afneem alhoewel kloning en steel van kaart-data die grootste bedreiging is.