Korrupsie is onkeerbaar in SA


’n Prokureur, mnr. Peter Allwright, sê Suid-Afrika voer ‘n algehele verlore stryd teen korrupsie, en dié knoeiery het belastingbetalers in 2012 sowat R1 miljard uit die sak gejaag.

Die prokureur van ’n regsmaatskappy, Edward Nathan Sonnenbergs, het ’n verslag opgestel waarin gesê is dat 88% van mense wat vir finansiële wangedrag verhoor word, skuldig bevind is, maar slegs sowat 19% van die oortreders word ontslaan uit hulle poste.

Hy het bygevoeg dat die meeste mense wegkom met slegs ‘n geskrewe waarskuwing. Dié oortreders bly in die staatsdiens aan, en steel net weer, en dalk nog meer as voorheen.