Die ANC in die Pretoria omgewing is al weer onder die soeklig met kontrakte wat aan sy eie ondersteuners toegeken is op ’n wyse wat verdag voor kom.
Die sogenaamde Tshwane-metro het in April ’n tender van meer as R3 miljoen aan die maatskappy Paul & Partners Engineers & Quantity Surveyors toegeken. Werk moet glo gedoen word aan die New Parkmore-reservoir ten ooste van Pretoria.
Die maatskappy behoort aan Paul Mojapelo, ANC se streek-sekretaris in die gebied..
Die tender is eers toegeken aan EVN Africa Consulting Services, wat bereid was om die werk te doen vir R1 miljoen.
EVN Africa het 95 bod-beoordelings punte gekry wat aansienlik meer is as Paul & Partners se 86 punte.
Van die ander maatskappye wat getender het vir die werk, was daar agt wat beter tenders ingedien het as Paul & Partners.
Die verskoning is glo gemaak dat daar “ingryping van hoër gesag” was wat Paul & Partners die tender laat kry het.
’n Senior amptenaar van die aankope departement sê die tegniese evaluering was ’n “yslike groot grap”.
EVN Africa doen groot projekte regoor Suider-Afrika heen en Paul & Partners beskik nie eers oor ’n webwerf nie, het die amptenaar gesê.
Die tende aan Paul & Partners behoort ondermeer aan Mojapelo wat voorheen ook op verdagte wyse tensers losgeslaan het.
Mojapelo het gesê hy het ’n wettige maatskappy en betaal belasting en daar is geen rede waarom hy vir die munisipaliteit werk kan doen nie.
Die Metroraad was nie bereid om op navrae te reageer nie.
Dan wil die Metroraad ‘n einde bring aan die rassistiese Kleinfontein met hulle vuil hande. Wie dink hulle is hulle? Mens word blind van woede.
Goeiedag Boere,
In die natuur is dit ook maar die ou groot Adoons met die langste slagtande (of is dit die langste vingers) wat hiet en gebied net soos hy lus kry.
In die trop se stadsraads sit hy op die tenderraad en is die “ingryper van hoër gesag.” Maar Boeta, as daar ‘n luiperd naderkom, dan lei ou Adoons die trop van heel voor af.
Adoons se trop sien dit nie as korrupsie nie, maar as goeie leierskap.
Boeregroete,
DuP