Kommer oor Valke se magsmisbruik


Bykans ’n week nadat Bryan Louw deur lede van die Valke, (die polisie se elite-ondersoekeenheid) aangerand is, weet hy nog steeds nie waarom hulle hom van die pad afgetrek het en hom mishandel het nie.

Die 27 jarige man het gelukkig die voertuig se registrasie nommer gememoriseer en ’n klag gelê by die SAPD. As hy dit nie gedoen het nie, sou hy nie kon bevestig dat dit wel lede van die Valke is nie en sou geen haan daarna gekraai het nie.

Die Valke het mnr. Louw gedwing om van die pad af te trek. Sy aanduiding dat hulle hulself moet identifiseer het niks opgelewer nie. Hulle het hom geboei, geen rede gegee waarom hy afgetrek is nie, gevloek, geklap en met geweld teen sy eie voertuig gegooi, daarna die boeie los gemaak en in hul ongeïdentifiseerde Corsa weg gery.

Die SAPD het blykbaar onderneem om die saak te ondersoek.