Jong seun die wereld se beste


Dian Jansen van Vuuren (11) is die wereld se beste boogskieter in die afdeling waaraan hy deelgeneem het tydens die binnenshuise Internasionale Boogskiet kampioenskap wat gehou is in Suid-Dakota, VSA.

Dian is ’n skolier van die Laerskool Garsfontein in Pretoria wat spog met ’n goue medalje wat hy tydens die kampioenskappe verower het. Hy het ’n jaar gelede begin om die sportsoot te beoefen en heel gou gewys wartoe hy instaat is.

Hy en agt ander lede van die Suid-Afrikaanse span het met goue medaljes terug gekeer.

Onder die 23 spanlede het vyf silwer- en vier bronsmedaljes teruggebring.

Petrus van Breda, die spanbestuurder, het die sukses toegeskryf aan baie oefenkampe wat gehou is ter voorbereiding van die groot internasionale byeenkoms.