Internet bankdienste is skurke se teiken


Banktransaksies wat met Internet dienste gedoen word is deesdae die skurke se teiken.
Gebruikers van die stelsel moet daarop let dat hulle PIN en wagwoorde op slinkse wyse bekom word deur die skelms. Daarom moet die diens met groot versigtigheid gebruik word.

Die Suid-Afrikaanse bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) het bevestig dié misdade aan die toeneem is in Suid-Afrika.
Sabric het verlede jaar sowat 1,000 sulke voorvalle ondersoek, teenoor 97 gevalle gedurende 2011.

Die geweldige toename is genoeg rede om meer versigtig te werk met Internet bankdienste.

Mense word op allerlei maniere met e-pos en SMS boodskappe om die bos gelei om uiteindelik die PIN en wagwoord in die hande te kry.
’n Direkteur van Oranjekas sê dit is besonderhede wat aan niemand bekend gemaak moet word nie.