IMF waarsku S.A


Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het Woesdag, 8 Mei , by monde van ‘n senior adjunk BD, David Lipton, ‘n waarskuwing aan S.A. gerig om sy huishouding in orde te kry, want die huidige ekonomiese toestand van lae groei en sosiale probleme bedreig die stabiliteit in die land. Hy het verder gesê: (Die Vryburger se Afrikaanse vertaling) “Baie ontleders sal argumenteer dat Suid-Afrika se sosiale struktuur reeds begin het om uit te rafel met ‘n golf van dikwels geweldadige stakings in die mynsektor oor die afgelope jaar en vele dienslewerings proteste”. Lipton het as spreker opgetree by die Pretoria Universiteit voor sy bywoning in Kaapstad van die Wêreld Ekonomiese Forum oor Afrika in Kaapstad.

Lipton het die werkloosheidsyfer van 25,2% uitgewys en gesê dat een uit elke twee jong persone in die land werkloos is. Hy het aangehaal uit Stanlib se ekonoom, Kevin Lings wat gesê het: “Die bestandele vir sosiale onrus is reeds in plek. Jy hoef nie die hele pad na ‘n sosiale revolusie te gaan as jy reeds distabiliserende elemente het nie” (Die Vryburger vertaling).

Lipton het verder gesê dat teen die agtergrond en risikos van die wêreldekonomiese situasie Suid-Afrika werklik behoefte het om meer op binnelandse bronne vir groei te vertrou en om meer op sy eie te doen. Hy het verder uitgewys dat elekriese krag en vervoer bottelnekke veroorsaak wat die ekonomie rem, asook ‘n gebrek aan besigheidvertroue. Terselfdertyd is daar ook ‘n gebrek aan kompiteerbaarheid wat weerspieël word in die knaende handelstekort. Loonverhogings het produktiwiteit oorskrei, kollektiewe onderhandelings behoort die hele land se bevolking se belange in ag te neem en nie net die van die binnekring nie.

Sakeleiers wys voortdurend daarop dat S.A. se onaanpasbare arbeidswette ‘n belemmering skep vir werkskepping. Die gebrekkige onderwysstelsel moet ook aandag kry.

Lipton het afgesluit deur te sê dat by gebrek om strukterele probleme in die ekonomie op te los dit verder kan lei tot ‘n daling in kapitale invloei waarop die land staat maak om sy begroting en leningstekort mee te finansier.