Hospitale ly groot verlies


Die sogenaamde Folateng- privaatsale (wat swart bemagtigingsprojekte is) by vier Sentraal Transvaalse Openbare Hospitale is verlede jaar bedryf teen ‘n verlies van bykans R40 miljoen.

Dié skokkende inligting het bekend geword met ‘n verslag van die Wetgewer se Gesondheidskomitee.

’n R30 miljoen verlies is by die Folateng-eenheid van die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal getoon.
Die eenheid het R42 miljoen gemaak, maar het ’n astronomiese uitgawerekening gehad van R72 miljoen.

Folateng-sale by die Helen Joseph-, Sebokeng- en Pretoria Wes-hospitaal het ook verliese gely.