Hof moet besluit oor seun se dood


Mev. Wilna Buys van Vereeniging het toegelaat dat haar seun opleiding ontvang by ’n Opleidingsentrum.
Uiteindelik is die seun sodanig mishandel deur personeel by die sentrum, dat dit hom sy lewe gekos het.
Getuienis in die hof is aangehoor waar die seun, Raymond (15) op wrede en onmenslike wyse mishandel is.
Mev. Buys is elke dag in die hof om alles aan te hoor wat gebeur omdat sy haar seun dit belowe het op sy sterfbed.
Sy hoop net die skuldiges word behoorlik gestraf.