Hoe lank nog Silwer Valke?


Die Silwer Valke se leier, Majoor Roy Sproul het besluit om pad te gee uit die Lugmag.
Dit is die tweede bedanking binne enkele maande uit die Lugmag se spog en elite vliegkorps.
Maj. Heybrecht van Niekerk het drie maande gelede besluit om haar goed te vat en te loop.

Maj. Sproul sal Saterdag sy laaste vertoning lewer en dit is ook die Lugmag se laaste geleentheid vir die jaar. Die Lugmag moes sy vertonings drasties inkort weens ’n geld tekort.

Maj. Sproul gaan eersdaags by Comair sy vlerke sprei.

Kenners van die lugvaartbedryf voorspel dat dit net ’n kwessie van tyd is voor die spogstruktuur finaal ontbind word aangesien die Silwer Valke nie kan voortbestaan as daar nie fondse beskikbaar is om deeglike opleiding, asook gereelde vliegoefeninge gedoen kan word nie.

Die kansellasie van die Silwer Valke se vlieg-program is weens verskeie inkorting maatreëls wat getref is om hul begroting te laat klop.