Hier kom oorlog


Mynwerkers in die Marikana gebied naby Rustenburg het nou in ’n landmyn verander. As een ’n voet verkeerd neersit, gaan daar ’n ontploffing wees wat ernstige gevolge inhou.

Die plofbare situasie is geskep deur die twee strydende vakbonde, naamlik die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) en NUM.

Die spanning tussen dié vakbonde kan enige oomblik gewelddadig word verl. Nadat die Lonmin-platinummyn aangekondig het dat beide die twee vakbonde se kantore te sluit. Dit lei daartoe dat vakbond leiers mekaar beskuldig terwyl vakbond lede bereid is om gewelddadig te raak.

Die Lonmin-platinummyn in Marikana het intussen dertien skagte gesluit weens werkers se onwettige staking wat begin is.

Kenners meen dit kan tot ernstige konflik lei wat uiteindelik sal uitkring en totaal kan ontaard tot ’n oorlog situasie.

Talle werkers het te kenne gegee dat hulle tot geweld sal oorgaan as hulle hul werk by die myn gaan verloor weens die onwettige stakings.