Handelsbanke : Los ons uit!


Die Bankvereniging van Suid-Afrika het n ernstige waarskuwing gerig teen die inmenging in die land se stabiele banksektor. Dit volg nadat Tokyo Sexwale, Minister van Behuising aangekondig het dat sy Departement wil banke nou met wetgewing verplig om huislenings toe te staan aan swart Suid-Afrikaners wat eiendom in blanke woonbuurte wil koop.

Die Wet op die Openbaarmaking van Huisleningsverplig bankiers om gegewens aan die Minister statistiek bekend te maak oor die aantal huislenings wat toegestaan word aan mense van elke ras.

Sexwale wil glo die wette aanwend as deel van sy ontras strategie van woonbuurte.

Ander metodes wat glo gebruik gaan word, is om geboue in sentrale dele van dorpe en stede op te koop en dan in te rig as familie-eenhede. Die Departement koop blykbaar self ook grond in sogenaamde strategiese omgewings en buurte van stede om familie-eenhede te bou.
Foto – Tokyo Sexwale