Die Multi-miljoen Rand suiwel-projek waarvan Die vryburger onlangs berig het, is weer in die nuus nadat vasgestel is dat die Gupta-familie ook by die projek betrokke was.
Die projek wat na raming meer as R250 miljoen sal beloop, is begin deur die Departement Landbou en Landelike ontwikkeling in die Vrede distrik.
Die Vryburger kan nou met sekerheid rapporteer dat die Gupta-familie by die betrokke projek betrokke was te midde van die feit dat die Departement landbou ontken het dat die Gupta,s daarby betrokke is of betrokke was.
Dit blyk nou dat daar n verbintenis is tussen die Linkway Projects en die Gupta-familie.
Van die bevindings wat opgediep is, is aan Gary Naidoo, woordvoerder van die Gupta-familie, voorgehou en hy het toe erken Linkway is ’n filiaalmaatskappy van die Gupta’s.
Waarnemers het nou hul ernstige kommer uitgespreek oor die moontlikheid dat die Gupta’s n houvas op regerings Departemente, of dalk persone in die regering kan he terwyl die moontlikheid nie uitgesluit is dat die Gupta’s ook betrokke kan wees by ander regeringsdepartemente.
Ek wonder of dit nie die Guptas is waarna Siener verwys in sy skrywes nie.
Hulle, die “Cooooly”s het al skietende vanaf die skepe uit die hawe gevlug.
Wonder vir wie hulle eintlik gevlug het.
En eers het hulle gelieg.
Nou sing daardie kanaries heel maklik deesdaë.
Wonder wat gaan nog uitkom.
“Waarnemers het nou hul ernstige kommer uitgespreek oor die moontlikheid dat die Gupta’s ‘n houvas op regerings Departemente, of dalk persone in die regering kan hê terwyl die moontlikheid nie uitgesluit is dat die Gupta’s ook betrokke kan wees by ander regeringsdepartemente. ”
Goeiedag Boere,
Die misbruik van die Gupta-Mafia se korupte bande met Zuma en ander ANC-Mafia lede is reeds oral in die Suid Afrikaanse ekonomie sowel as in die regstelsel te bespeur, veral in ons land se minerale-rykdom wat deur hulle uit die land gestroop word.
Gister was uitspraak gelewer in die saak waarin Glynnis Breytenbach, die streekshoof van die Gespesialiseerde Handelsmisdaad Eenheid (SCCU), daarvan aangekla was dat sy voorkeur verleen het aan ‘Kumba Iron Ore’ in die Sishen mynregte saak in Kimberley. Hierdie was ‘n regsstryd tussen mynhuise met politieke bande, waarin geheime bandopnames, privaat speurders en vervalste dokumente ter sprake was.
Breytenbach was deur die Eenheid van haar pligte onthef op grond van ‘n klag wat teen háár gelê was deur die aangeklaagde in die mynregte saak, ‘Imperial Crown Trading’ wat GUPTA/ZUMA verbintenisse het. Maar Breytenbach was daarvan oortuig dat die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NPA) nl. Nomgcobo Jiba, en die nasionale hoof van die SCCU, Lawrence Mrwebi, hierdie klag slegs onder voorwendsel gebruik het om háár uit die weg te ruim, sodat sy nie kon voortgaan met ‘n aanklag teen hulle vriend, die Misdaad Intelligensiehoof, Richard Mdluli nie. Hierdie drie het ‘n lang geskiedenis van oor en weer beskerming vir mekaar.
Volgens Breytenbach was daar massiewe misbruik van mag ter verkryging van politieke belange, en ‘n vooraf beplande ondermyning van die beginsel wat die onafhanklike regspraak moét onderhou – nl. om te kan vervolg sonder vrees, voorkeur of vooroordeel. Sy was in haar taak gekortwiek deur valse aanklagte om haar uit die pad te kry van die mynhuise se saak waarin die Guptas betrokke is.
Boeregroete,
DuP