Gupta: Die waarheid is hier!


Die Suid-Afrikaanse Lugmag is toe die skuldiges. Op 9 April vanjaar is magtiging vir die landing van die Airbus A330-200 met Gupta-bruilofsgaste by die Waterkloof-lugmagbasis uitgereik.

Die magtiging is dus drie weke voor die aankoms datum verkry van die Lugmag.
Die opspraakwekkende bekendmaking deur Indië se hoëkommissariaat in Suid-Afrika, laat talle Lugmag hoofde met rooi gesigte.

Luidens die berig is ’n versoek om toestemming reeds op 28 Februarie vanjaar tot die Suid-Afrikaanse Departement van Verdediging gerig.

Ter motivering vir die versoek is verduidelik dat talle senior ministers van die Indiese regering en ’n groot aantal ander senior amptenare met die huurvlug sou aankom in Suid-Afrika.

Gevolglik is ’n aantal veiligheid- en protokol maatreëls gevra vir dié besoekers.
( Foto- Mnr. Gupta)