Gruwelike wreedheid tydens plaasaanval


Mnr. Les Adlam (67) en sy vrou Gayle (63) is op die plaas in Balmoral omgewing aangeval deur drie swartes.

Mnr. Adlam is baie ernstig beseer en verkeer in die Wilgers-hospitaal in Pretoria. Hy het veelvuldige been frakture in sy gesig en lyf nadat hy deur die geweldenaars met ’n yster voorwerp geslaan is en met ’n warm strykyster gebrand is.

Mev. Adlam het minder ernstige beserings opgedoen maar word ook in die hospitaal behandel.

’n Vyfjarige meisie (waarvan die naam nie genoem mag word nie) het uit die huis gevlug tydens die aanval. Sy het ’n flits gegryp en gehardloop. Later is sy langs die pad na Bronkhorstspruit gevind.

Mnr. Van Wyk wou nie meer sê van die aanval op sy skoonouers nie.

’n Polisiewoordvoerder het gesê drie mans het omstreeks 03:15 ’n venster van die huis op die plaas by Onverwacht op die pad na Balmoral gebreek, die egpaar vasgebind en mishandel, daarna R10,000, drie wapens en ammunisie gevat en weggery met die egpaar se twee voertuie.

Een van die swartes is by Badplaas vasgetrek en die twee voertuie is intussen terug gekry.

Die aanval volg kort op ’n ander aanval wat in die Rustenburg omgewing op ’n plaas uitgevoer is deur swartes wat mnr. At van Rensburg en sy vrou Winnie met pangas verniel het toe hulle niksvermoedend hul huis ingegaan het met hul terugkeer van vakansie in die Wildtuin.

Die egpaar is steeds in die hospitaal waar hulle behandeling ontvang vir veelvuldige beserings.