Groot skade bring goeie vriende


Mev. Sannie Nienaber het groot skade gely deur ’n brand net wat haar woonplek en alles daarin, vernietig het.
Sy het letterlik net die klere aan haar lyf oorgehou.
Danksy die hulp van vele onbekendes in Pretoria, is sy nou ryk aan baie vriende wat haar te hulp gekom het.

Sy het nie net baie meer klere, meubels en toerusting nie, sy het ook ’n blyplek gekry in Pretoria Moot en baie vriende daarmee saam.

“Ek het dubbel die goed teruggekry wat ek verloor het danksy die gemeenskap se groot hart,” het sy gesê.