Daar heers groot kommer oor die veiligheid van kliënte se geld oor die grootskaalse bedrog wat plaasvind met die omruiling van SIM-kaarte met internetbankdienste. Daar was reeds meer as 1 000 gevalle die afgelop ses maande aangemeld. ABSA bank word veral geteiken.
Een van die populêre metodes om persoonlike kliënte inligting te bekom is e-pos en selfoonoproepe, waar daar voorgegee word dat die kontak vanaf die bank kom. Die banke is traag om kliënte wat verliese ondervind te vergoed en beroep hulle op die waarskuwings wat hulle voortdurend onder die aandag van kliënte bring. Alhoewel bedrog dikwels vergemaklik word deur kliënte se onverskilligheid met die verskaffing van persoonlike inligting kan die moontlikheid van binnesamewerking in banke en selfoonmaatskappye nie buite rekening gelaat word nie.
Die besigheid waar ek werk is verlede jaar so beroof van R200 000. Al wat ABSA sê is dat ons die bankbesonderhede en wagwoorde vir iemand gegee het. Ons het dit beslis nie gedoen nie. Julle moet asb eerskomende Sondag(12/5/2013) Carte Blanche op M-net kyk dan is my baas op die program saam met ons prokureur oor hierdie groot bedrog spul en sindikate wat die geld so oor die internet steel. As daar nog van ons burgers is wat so ingedoen is kan julle vir ons laat weet op ons webtuiste: [email protected]