Grondwet beskerm rowers?


Medepligtiges van ’n rooftog mag nie sommer skuldig bevind word aan roof met verswarende omstandighede nie.

Dit is die uitspraak in die Kaapstadse hooggeregshof. Om medepligtiges skuldig te bevind sonder getuienis waarin bewys word dat hulle die opset gehad het om te roof, is nou glo ongrondwetlik.

Die hof het bevind die verwysing na “medepligtige” in die Strafproseswet waarin roof met verswarende omstandighede omskryf word vir die doeleindes van oplegging van die minimum vonnis, ontneem sulke medepligtiges arbitrêr van hul vryheid.

’n Medepligtige is iemand wat saam met die rower aan ’n rooftog deelneem, daarmee help of hom met die misdaad vereenselwig.

Waarnemers vra wat het die medepligtige by die rooftog gesoek?