Grondgryp resultate bekend gemaak


Net minder as R1 miljard is die gedurende die afgelope boekjaar as finansiële vergoeding aan suksesvolle grondeisers uitbetaal.

Die gegewens is deur Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, bekend gemaak.

Hy het gesê dat altesame R993 miljoen uitbetaal is aan mense wat tussen 1994 en 31 Desember 1998 eise ingedien het.
Daarbenewens is 602 restitusie-eise die afgelope jaar afgehandel.
Die eisers kon kies of hulle hul oorspronklike grond wou terughê, of hulle ander grond wou hê en of hulle eerder finansieel daarvoor vergoed wou word.
Die hoogste eis van R93 miljoen is aan ’n gemeenskap by Flagstaff in die Oos-Kaap uitbetaal.
Die individuele eisers het gemiddeld elk sowat R54 000 ontvang.

Landbou kenners is van mening dat die uitbetaal van eise in harde kontant daarop dui dat die eisers nie werklik belangstel in grondbesit nie.

Dit kan beteken dat die regering se grondgryp-program nie einde gaan kry nie want die moontlikheid bestaan dat dieselfde stuk grond weer dekades later op geëis kan word deur die nageslag van die huidige eisers.

Met ’n ander regering aan bewind, kan sulke eise ontstaan en dalk weer goedgekeur word, is gesê.
(Foto – Gugile Nkwinti)