Goeie motorvoertuigverkope vir April


Die verkope van nuwe motorvoertuie vir April is 19,5% beter as verlede jaar dieselfde tyd volgens syfers wat deur Naamsa vrygestel is. Een van die redes waaroor die hoë syfer verras is omdat April gewoonlik ‘n swak maand is weens die verskeie vakansiedae, die paasnaweek wat vanjaar in Maart geval het, het die verkope bevoordeel.

Totale verkope was 50 920 eenhede teenoor die 42 608 van die vorige vergelykende tydperk. Daar was 45 938 eenhede, 90,2%, van die 50 920 deur handelaars verkoop, 3,8% aan die motorhuur nywerheid, 2,1% aan die staat en 3,9% aan maatskappyvlote.