Gebreklike Moordwalvis word deur sy familie onderhou.


‘n Gebreklike moordwalvis, wat sonder ‘n dorsale – en regterkantse vin is, oorleef in die oseaan met die hulp van sy familie wat vir hom sorg.

Aangesien die soogdier nie daatoe in staat is om vir homself te jag nie, het sy familie die taak oorgeneem en bring hulle vir hom kos.

Hierdie verhaal is deur die onderwater fotograaf, Rainer Schimpf in die see by Port Elizabeth waargeneem en gefotografeer.

Volgens hom bewys dat hierdie soogdiere nie net moordmasjiene is nie, maar dat hulle oor ‘n komplekse sosiale struktuur beskik waarin hulle na hulle swakker en gebreklikes omsien.

Hierdie is nie die eerste geval waarin die empatie wat hierdie visse vir hulle eie het, opgemerk is nie. In 1996 is ‘n soortgelyke geval gesien waar die familie ‘n jong kalfie waarvan die dorsale vin en stert waarskynlik deur die propeller van boot afgesny is, versorg het. In 2008 is die hele gesin, kalfie inkluis weer langs die kus van Australië gesien.