Everest is so oorwin


Leë den Hond, ’n vrou van Johannesburg, het besluit om die majestueuse Mount Everest aan te durf.
Sy het die afgelope naweek die derde vrou uit Suid-Afrika geword wat die berg oorwin het deur tot op die hoogste piek uit te klim.

Sy en 13 spanmaats van die Peak Freaks-span van Kanada het die berg aangedurf en almal het bo uitgekom.

Peak Freaks het Everest nou die twaalfde keer aangepak.