Mnr. Henk van de Graaf, ’n verkose lid van die Boere-Afrikaner Volksraad het pas teruggekeer uit Europa waar hy weereens die saak van die Boere-Afrikaners oorgedra het aan belanghebbendes en belangstellendes.
’n Besoek is gebring aan die Internasionale Hof van Den Haag, en daaruit het die positiewe gevloei dat die Boere-Afrikaner Volksraad nou bygevoeg as ’n bykomende instansie in die volksmoord-saak wat gevoer word teen die ANC-regering. Een van die ondersoekers het goeie terugvoer gegee en dit wil tog lyk of daar ná die evaluasie-proses ‘n ondersoek kan volg. Materiaal ter versterking van die saak kan aan Den Haag voorgelê word indien dit nodig word.
Baie goeie ontvangs is geniet by UNPO in Den Haag sowel as in Brussel se kantore. In Den Haag word hoofsaaklik met menseregte-sake gehandel en is die Boere-Afrikaner Volksraad genooi om van hulle dienste gebruik te maak.
’n Besoek wat gebring is by die Verenigde Nasies se Menseregte Afdeling in Genéve, het baie goeie gevolge gehad. Ondermeer is waardevolle inligting bekom omtrent die proses wat gevolg moet word.
Alhoewel die VN se Menseregte Komitee nie gesag uitoefen oor die Menseregte Komitee in Suid-Afrika nie, is dit belangrik om te weet dat hulle wel oor die gesag beskik om regerings se doen en late te ondersoek. Tydens die besoek aldaar is ander belangrike inligting bekom wat vorentoe van veel waarde sal wees.
Mnr. Van de Graaf het ook besoek gebring in Italie waar die Rome Konferensie plaasgevind het. Die konferensie is deur die beweging “Casa Pound” aangebied. In ’n oorvol saal kon mnr. Van de Graaf ons volk se sake bekendmaak. Vrugbare besprekings het daarna gevolg. Die beweging gaan moontlik met optrede begin by ambassades, wat beslis ’n impak sal hê op Suid-Afrika.
Hy was ook in die bevoorregte posisie om ’n gesprek te voer met die Ere-President van die Vereniging van Revisionistiese Geskiedskrywers. Die gesprek met hierdie interessante man, met sy groot invloed dwarsdeur Europa sal verseker goeie vrugte lewer, veral in joernalistieke kringe. Hy is bereid om die Boere-Afrikaners se saak te ondersteun en wyd rugbaar te maak deur middel van sy kontakte in Europa.
Die besoek word beskou as ’n enorme sukses met vrugbare inligting wat verkry is en nuwe vriende wat gemaak is.
Baie, Baie dankie VolksRaad vir julle Harde werk. Mag ons Vader in die Hemel julle Seën met alles wat julle aanpak
Was dit nie dalk net ‘n gebaar van hoflikheid nie????
Om polities korrek te wees is mos die gonswoord van die wêreld.
Vriende, ek wil aansluit by Fiona en ook my dank oordra aan die Volksraad. Nou is die tyd dat hulle nog meer ondersteun moet word. Ons kan hulle nog verder ondersteun deur mede volksgenote wat nog nie geregistreer het nie, te registreer as kiesers. Daar is ‘n stelsel in plek en deur op die VVK se webwerf in te gaan, kan die nodige inligting verkry word. Daar lê vir ons as Boere – Afrikaners ‘n moeilike tyd voor en ons moet voorbereid wees op wat kom. Ons Hemelse Vader sal ons bystaan maar ons moet ook ons deel bring. Kom ons versterk die Volksraad se hande en gee hulle die ondersteuning wat hulle verdien en nodig het.
Goed om te horen dat Henk van de Graaf de Boeren zaak op de Europese agenda heeft gezet.
Veel zegen bij uw werk – een Boeren vriend.
kolonel G.J.van Loon
Saam mat my Boerevriende wil ek my dank oordra aan die Volksraad, en Henk van der Graaf vir hulle onbaatsugtige werk. Miskien is dit tyd om ‘n ernstige beroep op die volk te doen vir finansiele bydraes sodat finansies nie ‘n perk op die Volksraad se stryd in ons vryheidstryd sal wees nie.Moontlik kan Die Vryburger ons ‘n bietjie inlig omtrent die Raad se finansiele posisie.
Die ” Wittes Foertsek” moet ons verder aanmoedig om die stryd om onafhanklikheid ‘n voorkeur in elke Boere-Afrikaner se lewe te maak. Ons sal mekaar moet aangemoedig om meer betrokke te raak. Ek sal graag wil sien dat ons moet veg om openlike ons ondersteuning te gee aan hierdie werk en suksesse van ons Volksraad. Ons moet miskien soos Solidariteit en Agri-forum dit loods in die media waar alle Afrikaners daarvan kan lees en hoor. Ons soek immers al die steun wat ons kan kry vir ons onafhanklikheidstryd teen hierdie Anti-Afrikaner regering. Dit is skokkend om te besef hoe min mense bewus is van ons stryd.
Soet is die vrug vir Henk, ons Volksraad, Boere Afrikaners en Verkenners wat al jare spook om met GOD se genade tot hier te kon kom.
Dit bring my tot die punt wat ek wil bespreek, nl. God se genade wat maar een van Sy beloftes is. HOE werk dit? So eenvoudig tog diep waar!!!
Kom ons begin by die begin, Adam en Eva neem die kennis van goed en kwaad, m.a.w. is daarna verplig om die keuse van goed en kwaad daagliks te doen – so ook elkeen van ons. Maar om nie komberswoorde te gebruik nie, en om tot die kern te kan kom, beteken ons MOET die keuse tussen my wil en God se wil daagliks neem en dit beteken die KEUSE WIE EK WIL DIEN – die “eie ek” of God deur SY gebooie.
Dit is om my naaste te ag soos ek in ag geneem wil word. DOEN ONS DIT – dan maak ons Hom ons God,word ons daardeur sy kinders en ontvang ons al Sy beloftes waarvan die eerste is, jy sal tot in ewigheid by HOM wees in die hiernamals, m.a.w. vergifnis vir al jou verkeerde keuses in jou lewe, MAAR ook die belofte van aardse seëninge, ja selfs ook ons Volk se Vryheid in ‘n eie land.
Dien HOM net deur jou self kruisiging in jou inagneming van jou naaste, en word so SY kind – wie kan beter vir ons sorg as HY!!!!
Dien HOM waaragtig net in jou daaglikse lewe en vertrou HOM OMDAT HY WAARAGTIG IS.
Hubert de Haas
Dankie Hubert,
En voeg daarby dat ‘n volk slegs sy Geloftes kan betaal, as elke lid van daardie volk daardie verantwoordelikheid op sy eie skouers neem.
Boeregroete,
DuP
Die spreekwoord sê:”Alle goeie dinge begin klein.”
Ek het baie gebid dat God iemand moet stuur wat, “op die regte tyd, die regte boodskap, aan die regte mense sal oordra,” sodat die onregte aan ons Boerevolk gedaan, reggestel kan word. Ek het vergeefs gewag op die groot name. Leiersfigure uit die verlede, soos Ministers in die N.P.-kabinet, en ander belangrike mense, het ek met groot verwagting dopgehou, maar die een na die ander het verraaiers blyk te wees.
Leiersfigure uit regse geledere was miskien goed gemotiveerd, maar is gedurig aan bande gelê. Nie net buitelandse vyande nie, maar mede-Afrikaners/Boere het met valk-oë na ons leiers gekyk en alle middelle moontlik gebruik om hulle (ons leiers) verdag te maak.
Dit het my (en mense wat soos ek dink) gekos om geduldig te wag tot nou toe voordat ons begin sukses ruik het. Ek wag al van 1956 op hierdie dag. Ek het op alle Afrikaanstalige forums van die afgelope 20 jaar gepleit dat ons verder moet kyk as net die engheid van ons plaaslike gemeenskappe, en dat ons heil in die Diplomasie lê – INTERNASIONALE SKAKELING – ons vriende oorsee.
Die ANC het sy sukses te danke aan juis buitelandse bande. Vir 100 jaar al maak die ANC propaganda in die buiteland, waarom kan ons nie dieselfde doen nie?!!!
Nouja, ek het al voorheen vir Henk dankie gesê, maar ek doen dit weer. Dankie Henk, jy is die regte mens om hierdie taak te verrig. Jy is ons AMBASSADEUR!
UNPO is nou ook op ons lys, en ons is nou ook op UNPO se lys. Den Haag, Brussel, Geneve, en ‘n paar ander Europese stede, het nou kennis geneem. Hulle sal, op hul eie tyd, vir ons laat weet wat die volgende stappe gaan wees. Henk moet maar van tyd tot tyd aan die volk bekendmaak wat hulle kan doen om hom te help. Ons moet mekaar help, want dit is nie een mens se werk nie. Elke individu is ‘n meester op sy eie gebied, en as ons almal ons kragte saamsnoer, word ons ‘n KRAG.