Eskom se beurtkrag begin!


Die eerste beurtkrag vir die winter het begin in die Vrystaat.
Die eens rustige plattelandse dorpie Koppies het die nare ervaring gehad dat hulle krag sedert die naweek met tussenposes afgesny is.

Dit is glo as voorkomende maatreel deur die munisipaliteit vir die hele Koppies ingestel.
Verlede Vrydagaand was daar in die lokasie vir drie uur lank geen krag, terwyl ander dele van die dorp ook die naweek beurtkrag gehad het.
Die swart woonbuurt Kwakwatsi het Maandagoggend weer nie krag gehad nie.