Enige tas, selfs Gup-tas


Waaroor gaan die hele bohaai oor die Gupta troue? Die land gaan so tekere daaroor dat selfs rubriekskrywers nou al daaroor skryf! Verstaan my reg, as so iets in die apartheidregering gebeur het sou ontsteltenis gepas gewees het want die tweede grootste probleem in die land was dan die optrede van ‘n verkeerskonstabel in Makwassie wat ‘n ongeluk veroorsaak het toe hy sy puntsmandiens in die middel van Makwassie middestad spitsverkeer afgeskeep het terwyl hy gestaar het na die nuutste Audi waarmee iemand per ongeluk deur die dorp gery het.

Maar in die NSA vandag word maandeliks tientalle volksgenote afgemaai op wrede maniere, maar ons gaan tekere oor ‘n bietjie bedrog wat, ten spyte van hul beste pogings, nie eers kan kers vashou by die ander bedrog wat in die land gepleeg word nie! Zuma is met geld in sy hand soos ‘n nar wat fizzers uitdeel by ‘n Desember strandpartytjie. Die man het geen beheer oor homself nie. Hoe is Gupta se stoute voorreggies ons grootste bekommernis!

Dis nie asof die weermag die lughawe in elkgeval kan gebruik nie! Die beste wat hulle daarmee kan doen is om pomptrokresiese in die hangers aan te bied en toeriste op begeleide toere te neem deur verskeie afdelings. Die afdeling van vegvliegtuie wat in onbruik is, die afdeling van vegvliegtuie wat werk maar wat weens geldtekort nie bewapen kan word nie, die afdeling vir vegvliegtuie wat bewapen is en werk maar nie gebruik kan word nie weens die feit dat alle bekwame blanke vliëniers al weggejaag is en ons beste Transformasiepoging Sipho is wat nog nie sy afstandbeheer vliegtuigie suksesvol kon land nie, en dan die BBP afdeling wat ons, soos die res van die lughawe, onder deur die tafel moet verhuur aan Indiërmiljoenêrs om Sipho en die toergids se salaris te kan betaal.

‘n Tas op die lughawe is normaal en solank hulle betaal is enige tas daar welkom, ‘n reistas, aktetas en selfs Gup-tas. Moenie diskrimineer teen ‘n man net omdat hy verbande dra sonder ‘n kopwond nie! Hy het sy geld verdien en dis sy reg om dit te gebruik soos hy wil. Weet jy hoeveel kar radios moet ‘n man installeer om so ryk te word!

In elk geval lyk dit of die Guptas ook ‘n smakie van Apartheid wou kry. Hulle het blykbaar aangedring op blanke kelners, bestuurders en salonwerkers, waarskynlik omdat hulle nie in hul neuse krap voor hulle jou koffie met hul voorvingers roer nie!

Vergeet van die tasse, kies jou veldslae, red liewer bedreigde spesies soos Boere!

Tot volgende slag
Die Sweep