Mense met geld kan enigiets en enigiemand koop.
Dit is die siening van Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC.
Hy het die uitlating gemaak tydens ’n nuuskonferensie by Luthuli-huis.
“Dit is ’n vreeslike ding,” meen hy.
Mantashe het verwys na die onlangse onregmatige gebruik deur die Gupta-familie van die lugmagbasis Waterkloof. Hy het ook verwys na die Arthur Brown hofsaak.
Politieke woordvoerders vra of dit beteken dat Gwede Mantashe ook ’n prys het.
Foto – Mantashe
Iemand is slegs omkoopbaar indien hy/sy oneerlik is . . . .
Verder kan enige staat deur wet en orde sonder aanneming van die persoon toe te pas, sulke praktyke stop, deur doodgewoon die gewer EN die nemer te straf: te en in lig van die erkenning van geld se potensiaal, behoort die straf verpligte en langtermyn tronkstraf te wees.
Gegewe die groot behoefte aan staats-fondse, kan die geldelike voordeel van beide ook gerus ten behoewe van die land verbeurd verklaar word.
Die probleem is egter dat meeste van diegene met die verantwoordelikheid hiervoor, ry lustig saam op die kollektiewe soustrein!