Ek sien dit so!


Gereelde lesers van hierdie rubriek is seker al moeg vir wat ek nou gaan sê, ongelukkig is daar geen ander keuse nie. Ons moet die waarheid uitbasuin tot vervelens toe, en miskien begin dit die waarheid word in talle misleide volksgenote se harte.

Die fiasko wat homself verlede week in Kleinfontein afgespeel het, het net weer gewys dat een van ons volk se grootste vyande ‘n kamstige “wit” party is. Kamstig die enigste opposisieparty wat die ANC by die stembus kan stuit. Neelsie is nou net mooi moeg vir hierdie twak!

Soos so baie kere van tevore gaan ek myself herhaal: Stem reg, bly weg! As jy dan nou moet stem, wat ek in ieder geval nooit sal verstaan nie, stem ten minste vir die Soccer party of KISS of welke ander party wat deel is van die sirkus. Moet asseblief tog net nie vir die DA stem nie! Waarom nie? Omdat hulle die enigste politieke party is wat dit as hul hoofdoel stel om die Afrikaner aan te val en te verkleineer. Wanneer ons eie mense iets doen ter bevordering van vryheid of om aan die wêreld te wys dat ons uitgemoor word in ‘n beplande volksmoord, is dit altyd die DA wat voor in die tou staan om ons aan te vat. Demokratiese Alliansie?
Eerder Die Afrikanerhaters!
‘n Vriend van die DA, is ‘n vyand van di
e opregte Boere-Afrikaner. Dit kan nie anders nie. Laat ek kortliks verduidelik. Jy stem vir hulle omdat jy glo hulle jou belange gaan beskerm. Enigiets is mos beter as die huidige regering. Voor elke verkiesing vry hulle na die Afrikanerstem, selfs hooggeplaaste Ingelse van die DA praat Afrikaans. Na afloop van die verkiesing hoor jy amper nooit enige Afrikaans nie. Hulle gaan dan verder deur Afrikaneraksies as rassisme af te maak. Die vermetelheid stop nie daar nie, hulle kla sommer die VVK, Boere-Afrikanervolksraad, Verkennersbeweging, AWB en enigiemand anders wie hulle dink “rassisties” is by die MRK aan. En die sonde van hierdie sogenaamde “rassiste”? Hulle is moeg vir die moorde op ons mense oor die algemeen, en ‘n vyf maand oue baba wat deur barbare verwurg is in besonder. Nou gaan die klomp “demokratiese” swernote en reël ‘n optog na Kleinfontein. Hulle is tog so “demokraties” dat hulle self nie eers weet dat Artikel 235 van hulle NSA grondwet voorsiening maak daarvoor dat ‘n groep mense onafhanklikheid mag uitleef nie. Nee dis sommer “Apartheid” en “Rassisme” en wie weet watse ander snert nog!
Neelsie gril bietjie om die volgende te doen, maar ek dink dit som alles mooi op.

“You can fool some people some of the time, but you can’t fool all people all of the time.”

Die DA het sy magsbasis gebou op oningeligte Afrikaners, en wend nou daardie selfde magsbasis aan om swart stemmers te werf ten koste van hulle Afrikaner-stemmers.

As jy dus ‘n DA ondersteuner is, selfs na alles wat hulle al gedoen het om jou eie mense te vernietig, moet jy nie by Neelsie kom huil as jou ogies dalk, en ek herhaal, dalk, eendag oopgaan nie. Jou kans om wakker te word is nou, gebruik dit, of moet dit nie gebruik nie. Weet net, as jy jouself eers posisioneel aan die verkeerde kant plaas, jy nie later moet kerm dat jy nie geweet het wat jy doen nie. Jy weet beslis nou!

Boeregroete,
Kordaat Neelsie