Vriende, waarmee is ons besig hier in Suid-Afrika? Het ons werklik so lamsakkig geraak dat selfs ‘n volksmoord nie erg genoeg is om ons te laat wakker word nie?
Ek vra sommer aangesien ons mense gemartel, verkrag, vermoor, en verrinneweer word en die meerderheid blankes rustig terugsit en maak of alles mooi en reg is. Die afgelope naweek poog Neelsie soos soveel kere van tevore, om hierdie donker realiteit by iemand tuis te bring. Weereens was dit ‘n mors van tyd. Ek sê weereens aangesien niemand skynbaar belangstel daarin om te weet wat werklik aangaan nie. Die enigste reaksie wat my feite ontlok is:”Ja dis vreeslik”. Maar moenie eers probeer om die gesprek verder te voer met onderwerpe soos die VVK of die Boere-Afrikanervolksraad nie! Lyk my die onderwerp wat selfbeskikking betref is onwelkome geselskap.
Nou is die vraag, wanneer gaan mense besef dat hulle en hul gesinne die teiken van ‘n spul haatdraendes is wat niks meer wil hê as blanke bloed op hul pote nie? As daardie gedagte tog net wil pos vat sal ons seker een of ander verandering kan sien in mense se houdings teenoor ‘n volkstaatgedagte. Ongelukkig vir ons onskuldige vroue en kinders dat hulle byna daagliks die hoogste prys moet betaal terwyl die slapendes nog heerlik sluimer. Mense wil tog net nie die waarheid in die oë kyk en die bul by die horings pak nie want dan word hulle dalk vir sogenaamde regses aangesien. Hulle sal eerder voortgaan met hul verkramptheid terwyl hul eie mense soos diere dood gemaak word as om rebels voor te kom vir die einste barbare wat die volksmoord uitvoer.
Hulle sal eerder versoen met diegene wat hul bloed soek as om met hul eie mense se lot gepla te wees. Patetiese stand van sake, veral as mens dink aan die grootse figure wat hierdie volk oor die eeue heen opgelewer het. Doen tog net iets, al is dit om vir Neelsie kwaad te raak oor hy julle slegte maniere hier aan die groot klok hang. Maak ‘n besluit om nooit weer Skewebeeld of Grapport te koop nie. Registreer ten minste op die VVK se kiesersrol. Maar wraggies, skrik net wakker en doen iets! Hierdie niksdoen houding wat die grootste deel van die Afrikaner aangeleer het is besig om my teen die mure uit te dryf.
Boeregroete,
Kordaat Neelsie
Ons het al male sonder tal oor dieselfde ding gewonder. Ek dink egter diesulkes is in die minderheid as ek kyk na die klein hoeveelheid negatiewe reaksies ons kry op inligtings e-posse wat uitgestuur word. Die grootste probleem, wil dit my voorkom, is onkunde, veral oor die VVK en Volksraad. Daarom voel ek dat streeks- en hoof registrasie beamptes die stryd van nuuts af moet aanpak. Ons moet meer mense agter ons Volksraad kry en ons kan ook. Daar’s werk!
Volksgenote en regdenkende groepe (in RSA, en ondersteuners in Europa en res van wereld), wat daarvan om briewe te rig en dan dit op te volg met ‘n volblad-advertensie met uittreksels van die briewe in ‘n Sondag-koerant, dat die Volk die Staatspresident verantwoordelik hou vir die implementering van die Selfbeskikkingsklousules in die Grondwet vir alle kultuur-groepe in die algemeen maar ons Volk in die besonder. En as hy sy plig versuim teen 1 Julie 2013 sal volke en kultuur-groepe self voorkeurgebiede begin identifiseer en outonomie rakende die eie-sake begin toe pas, en verder selfs die konfederaal-gesinde Vryheidsalliansie van kultuur-eie groepe heraktiveer om sekere projekte to koordineer om die wereld-mening te swaai.
Kordaat Neelsie ek moet weereens met jou saam stem, maar ek sien dit so, daar is nog hopeloos te min mense wat van die VVK bewus is, ek dink daar moet meer vergaderings in sekere gebiede gedoen word sodat die Boere kan bewus raak van die VVK en waarvoor hulle staan, sodoende kan daar dan meer lede gewerf word. Ek glo daar is duisende Boere wat presies voel soos ons maar omdat hulle nie toegang het tot die internet nie is die veraaier media die enigste bron van nuus wat gelees kan word en word hulle net verder mislei deur daardie groep, hulle voel ook magteloos omdat daar geen leiers sigbaar is nie want die VVK kry nie deking by hierdie koerante nie. Ek dink daar moet drasties en hard gewerk word aan n plan om die VVK ten toon te stel sodat meer mense bewus kan raak van die VVK.
Agnes, jy is reg! Onkunde oor die VVK en die verkose Boere-Afrikaner Volksraad is ons volk se probleem. Oor ‘n nuwe offensief word daar reeds gewerk. Die inligting sal binnekort bekend gemaak word. By gebrek aan ‘n ondersteunende medium om ons saak bekend te stel is dit terug in die hande van hulle wat die verkiesing in 2011 landswyd behartig het – maar dit kos geld en elke kieser sal moet hand in die sak steek as ons nog iets wil bereik. Let wel: Jy “sluit nie aan by die VVK nie”, jy registreer as kieser om te stem vir jou eie regering.
Goeiedag Boere,
As ek reg onthou was die Majubafees hierdie jaar deur die VVK of deur die Volksraad op Majuba aangebied. Ek glo hierdie was een van die mees geskikste geleenthede waar ‘n groot aantal Boere op dieselfde terrein vergader was, om juis registrasie te propageer en die Kieserslys uit te brei. Diegene wat daar was behoort dan nie onkundig te kan pleit nie.
Aangesien ek self nie daardie geleentheid bygewoon het nie, wil ek graag weet of dit wel so gebeur het, en of die deelnemers aan die fees wel positief gereageer en geregistreer het.
As daar mense was wat negatief gereageer het, sal die Volksdraad dan seker bewus wees waaroor hul klagtes gegaan het en probeer om dit op ‘n positiewe wyse aan te spreek.
Boeregroete,
DuP
Slegs een koerant berig deurgaans van die werksaamhede van die VVK. Dit is Die Afrikaner, lyfblad van die HNP. Ongelukkig het dit maar ‘n klein oplaag en tref nie wyd nie, mits baie meer Afrikaners daarop inteken en dit aan vriende en famile gee as hulle klaar gelees het.
Sodoende kan meer mense bereik word om die goeie boodskap te ontvang. Kanselleer jou subskripsie van die media 24 koerante en tydskrifte en teken in op Die Afrikaner en kry ‘n ingeligte en gebalanseerde perspektief oor gebeure hier.