Dinge verander ongelooflik vinnig. Om die waarheid te sê, hopeloos te vinnig na Neelsie se sin.
Slegs twintig jaar gelede nog het Suid-Afrika ‘n weermag gehad om op trots te wees. Daarby was ons geseënd met ‘n polisiemag uit die boonste rakke. Wat het van daardie manne en vroue geword? Hoe het hulle daarin geslaag om so maklik deel te raak van die alledaagse gros mense? Hier dink ek spesifiek aan die dapper manne wat diens gedoen het op ons grense.
Jong seuns is met die strengste dissipline denkbaar opgelei om te veg teen ‘n kommunistiese vyand, hulle is opgelei om te lewe en te sterwe, vir ons Suid-Afrika. Wat voel soos ‘n oogwink, het die jare verbygesnel en daardie mense deel geraak van die alledaagse sukkelbestaan wat die Ruwe Suid-Afrika ons elkeen bied. Die belangrikste vraag wat by my opkom is: Hoe kry hulle dit reg om aan te pas in ‘n land wat nou beheer word deur die einste terroriste teen wie hulle moes veg? Al is ek nie self een van die bevoorregtes om te kon dien in die ou SAW nie, maak die gedagte aan hierdie mense wat deur daardie stelsel gegaan het en steeds moet aanpas my baie hartseer.
Miskien sal die dag nog aanbreek dat die ysters van die SAW weer opstaan en getel word. Dit is ‘n hoop wat ek uitspreek hoewel ek besef dat verraad genoeg is om enigiemand se veglus te blus. Net soos die haarkapper op die hoek, die kafee-eienaar in Brakpan, die brandweerman in Verwoerdburg en die polisieman in die tronk verraai is, is die soldate van ons eens trotse weermag verraai deur hul base. Ons is almal verraai en uitgelewer aan die barbaarse Suid-Afrika wat tans hoogty vier. Moet ook nie vir een oomblik dink ons vyande slaap nie, hulle is deeglik bewus van die ouderdomme van die manne wat laaste hul ordentlike opleiding ontvang het. Dit is net ‘n kwessie van tyd voor hulle hierdie gaping tussen ervare en onervare manne uitbyt. Om dit eenvoudig te stel, of jy dit wil hoor of nie, ons is in die moeilikheid. Nie net ek en jy nie, maar ook ons vroue en kinders.
Wat sal dan die mees logiese stap wees onder die huidige omstandighede? Berei jouself en jou geliefdes voor op die ergste en as die ergste nie kom nie, is dit goed. Maar as die ergste wel tref waarborg ek jou dat dit beter is om voorbereid te wees. Weereens, wees wakker, moenie dink jy kan nie volgende op die volksmoordlysie verskyn nie. Ek kyk liewer heeltyd rond en lyk soos ‘n meerkat as wat ek my braaf hou en van agter oorval word. En jy?
Boeregroete,
Kordaat Neelsie
Voorwaar kan ons net met heimwee terukyk na daardie wonderlike tye waar wet en orde, respek onder mekaar en Vaderlandsliefde hoogtepunte was. Neelsie jy slaan die spyker op die kop. Die gaping tussen goed opgeleides en geen opgeleides is nou bykans n geslag. Wees tenminste verseker dat ons gou opgelei kan word, al is dit net basies. Ons gaan dit uiters nodig he. Aan die ander kant kan ons ook kennis neem dat die huidige weermag nooit op n standaard van goeie opleiding sal kom nie, wat uiteraard ons tot groot voordeel sal strek. Moenie eers van die patetiesie sogenaamde boelie polisie praat nie. So verloor SAW SAP al die goedgekwlifiseerdes.
Dit het nie verander nie.
Om die waarheid te sê, ons het nog sterker geword.
Dit is net dat ons hardeware erg verniel is deur hierdie nuwe “huurders” wat Pink Frikkie spot goedkoop aan hulle beskikbaar gestel het.
Nog steeds het hulle nie ‘n kat se kans om ons ooit te verwyder nie.
Hulle huur kontrak loop nou vining uit.
Niks sal ons beskerm behalwe saamstaan nie. Ons Volkie kan net eenvoudig nie oor hierdie basiese struikelblok kom nie. Verstaan ek reg dat daar nou 2 verskillende Boere afgevaardigdes in Europa toer en steun soek? Dis mos regtig absurd. Ek sien Orania het ook n span oorgestuur.
Ja Neelsie jy is reg daar is baie veraaiers onder ons mense en dit maak dinge baie moeilik vir ons, baie van ons goed opgeleide manne het ook al die land verlaat omdat hulle nie kon aan pas by die nuwe suid afrika nie, maar glo maar vir my daar is nog baie van ons manne hier in die land oor wat as dit nodig sou wees weer sal opstaan en ook die kennis aan ons jong klom kan oordra, ek glo dat 3 maande vir eers amper voldoende sal wees (crash course). Daar was mos ook laas jaar n opname van hoeveel manne in die land oor is gedoen deur die regering onder n dek mantel waarvoor baie mense geval het, kamstige geld wat sou uitbetaal word aan die manne wat diensplig gedoen het maar daarvoor moes jy gaan registreur het, dit was net n opname gewees om te sien wie nog in die land oor is omdat daar alreeds duisende die land verlaat het.
Boere groete
Ek stem saam oor alles… Hul byt ons oues uit, moor hul en nou oorgegaan na gesinne. Kinders. Ons vrouens nie veilig. Word by aangele. En as j se nee. Basies as a rasis aangeskryf. Het ons nie meer eens a se oor ons self en ons waardes nie.
Neelsie vra: “Wat het van daardie manne en vroue geword? Hoe het hulle daarin geslaag om so maklik deel te raak van die alledaagse gros mense? Hier dink ek spesifiek aan die dapper manne wat diens gedoen het op ons grense.”
Goeiedag Boere,
Ek was verlede Sondag uitgenooi na ‘n gedenkdiens by die Voortrekker Monument se ‘Gedenk-muur’ vir al ons gesneuweldes, gedurende die Bos-oorlog op ons grense. Dit was ‘n aangrypende seremonie waarby talle vaandels van verskillende regimente en ander instansies gepresenteer was en kranse deur talle oud-soldate en -bevelvoerders gelê was.
Talle oud-generaals o.a. George Meiring (trots om te sien hoe regop Oom George nog stap, ten spyte van sy ouderdom), Jannie Geldenhuys, Gert Nel (32 Bataljon), Constand Viljoen, Dippenaar (61 Meg) en Turner was uitgenooi, asook die Oud-Koevoet-bevelvoerder en manne soos Willem Ratte.
Die hoogtepunt was ‘n verbyvlug van ‘n Impala vegvliegtuig met ‘n pragtige ‘oorwinnings-rol’, asook ‘n formasievlug van vier ou Harvards.
Na die verrigtinge was daar ook ‘n herdenkingsteen vir die SA Infanterie Bataljon onthul. Die geskiedenis van infanterie in Suid-Afrika was kortliks voorgehou en dit was insiggewend hoeveel latere spesialis-eenhede juis vanuit die infanterie ontstaan het. Persoonlik het my hart geswel toe die bydraes van die Boere-kommando’s sedert selfs voor die Groot Trek en gedurende die Boerevolk se Vryheids-oorloë genoem was.
Maar om Neelsie se vrae hierbo te beantwoord, dit is steeds ‘n pynlike proses. Hierdie herdenkingsgeleentheid was deur Genl. Gert Opperman van die Erfenis Stigting gereël en hulle het selfs oud-terroriste soos die huidige hoof van die ANC-weermag, en SWAPO, Angolese, Kubaanse en Russiese hoogeplaasdes genooi.
Iets wat my dwars in die krop gesteek het, was dat almal daar teenwoordig, moes noodgedwonge onderwerp word aan ons vyand se lied en sy vlag wat konstant oor die verrigtinge moes wapper. Ek het dit persoonlik as ‘n uiterse belediging beleef teenoor elke gesneuwelde se naam op die gedenkmuur, wat met hulle lewens moes boet om hul nageslag juis teen daardie kommunistiese simbole te beskerm. Die verteenwoordiger van die Tswane-burgermeester was maar taamlik onseker oor wat hy met sy eie kransie moes doen, maar hy het weer moed geskep deurdat die ANC ter selfde tyd ‘n soortgelyke seremonie in die “Freedom Park” oorkant die hoofweg gehou het, waarvan die lawaai en die tamboer-rumoer ons verrigtinge moes intimideer.
Boeregroete,
DuP