Eietydse Katedraal na 130 jaar nog onvoltooid.


‘n Katedraal in Barselona waarvan die oprigting in 1880 begin is, is nou 90% voltooi. Na verwagting sal dit oor dertien jaar voltooi wees.

Hoe groot is die geloof in ‘n saak as jy vooraf weet dat dít wat jy nou begin nie in jou leeftyd voltooi sal wees nie? Hierdie stap is in 1880 deur die Kerkvaders in Barselona geneem toe hulle besluit het om ‘n katedraal te bou.

Die argitek, Antoni Gaudi se ontwerp van die Kerk, nou herdoop na Basilika van Sagrada Familia in Barselona, Spanje word beskryf as die uitsonderlikste in die geskiedenis.

Gaudi wat in 1926 oorlede is, het net een doel gehad, nl. die verheerliking van God. Die ontwerpe was so modern en gesofistikeerd, dat baie van die tegniese aspekte eers nou met nuwe ontwikkelings voltooi kan word.

Hy was God se argitek genoem. Sy ontwerpe was so modern as wat dit ingewikkeld was. Hy het ruimte gesien as iets wat ontplof. Daar word gesê dat wanneer ‘n persoon na die altaar stap die sensasie dieselfde is as om in ‘n woud te stap – ‘n gevoel wat hy geglo het jou naby aan God bring.

‘n Biograaf het die stelling gemaak dat Gaudi dit as sy bydrae gesien het as boetedoening vir die sondes van die mensdom. Pous Benedict het in 2010 dit as ‘n Basilika geseën. Die eerste Mis is ook die dag daar gehou. Die koor wat deelgeneem het, het uit 800 lede bestaan.

‘n Bouer wat ‘n boeddhis was, het homself tot die Christendom bekeer net omdat hy daagliks daar gewerk het. Hy sal ‘n Christen bly tot sy dood want die gebou sal steeds nie voltooi wees nie.

So ingewikkeld is Gaudi se ontwerpe dat die modelle deur tru-ingenieurswerke geïnterpriteer moes word. Die mees gevorderde sagteware in lugvaartkunde is aangewend om vas te stel hoe om die fyn details van sy argitekturele “taal” te verstaan en te implementeer.

Gaudi self was dikwels as ‘n hawelose boemelaar aangesien. Sy klere verkreukel, ongeskeer en sy broek met ‘n tou vasgebind, het hy vir niks anders omgegee nie, slegs om God te dien. Elke duim van die Kerk het betekenis wat op sowel die Skrif asook die Liturgie betrekking het. Sy geometrika wat beide antiek en modern is, pas tot op ‘n fraksie van ‘n milimeter.

Deesdae kan massiewe hyskrane die balke presies in plek plaas. By voltooiing sal dit die hoogste kerk in die wêreld wees – 1 meter korter as die naaste berge uit respek vir die Heer.

Toe dit aan hom genoem is dat hy die voltooide kerk nooit self sal sien nie, het hy geantwoord: “My kliënt is nie haastig nie.”