Dwelmsmouse floreer steeds


By die Beitbrug-grenspos is op R18 miljoen se kokaïen beslag gelê wat in tolle garing versteek was. Die dwelmmiddel is blykbaar deur ’n Kongolees in gesmokkel maar is betrap en gearresteer

Die Polisie se een dwelm opspoorder is ’n hond wat die kokaïen uitgesnuffel het, sê kol. Ronel Otto.
Na verneem word is ’n Tanzaniër gearresteer nadat 2,2 kg heroïen ter waarde van R2,64 miljoen versteek in ’n tas by hom gekry is.

Die dwelmhandelaars is baie bedrywig in Suid-Afrika en diegene wat betrap word, is spreekwoordelik net die ore van die seekoei.