Dwelmhandelaars is betrap in Natal


Die Valke het in Natal beslag gelê op vyf motors en vier eiendomme wat aan ’n stuk of ses vermeende mandrax-handelaars behoort.

Dié bates is vermoedelik aangekoop uit die fondse wat bekom is met dwelmhandel transaksies. Die polisie het ’n hofbevel verkry om beslag te le op die eiendomme en voertuie.

Die eiendomme bestaan uit drie woonhuise en ‘n plaas in Springfield en Tongaat.

Drie egpare – Mogenderan en Nirusha Gounden, Dhavarani en Monogaran Govender, en Dayanandan en Sarathabal Gounden is aangekla weens onwettige handel met mandrax en is ook betrap met kokaïen.

Byna 200,000 mandrax-tablette ter waarde van R3,5 miljoen is by die eiendomme gevind.

Die beskuldigdes sal binnekort in die Durban-streekhof verskyn.