Droogte demp entoesiasme vir Nampo-oesdag


Die uiters swak ekonomiese toestande in die land, asook die moeilike landbou jaar vir graanboere in veral die vrystaat en Wes-Transvaal, het waarskynlik ’n demper geplaas op die entoesiasme van boere in die streke.

Die swak mielieoes in die Vrystaat en Wes-Transvaal het talle boere gedwing om vanjaar hul nuwe trekkers se bestellings te kanselleer.

Graan SA se jaarlikse Nampo-oesdag, wat by Nampopark net buite Bothaville begin, sê in ’n verklaring dat daar slegs enkele boere is wat te kenne gegee het dat hulle nie vanjaar die oesdag kan bywoon nie.

Cobus van Coller, voorsitter van Nampo-oesdag se komitee, sê die swak mielieoes weens droogtetoestande gaan nie ’n noemenswaardige invloed op die oesdag self hê nie.