Die Zuma-skuldlas


Die presidensie het reeds sowat R30 miljoen betaal aan private regsverteenwoordiging vir die president.

Die opspraakwekkende feit is in die parlement bekend gemaak. Vrae is gevra oor wie pres. Jacob Zuma se reg¬skos¬te in sy verskillende hof¬sake betaal het.

Collins Chabane, Minister in die Presidensie, het erken die presi¬densie het in die boekjaar 2009 /10 vir verskeie van Zuma se hofsake betaal. Dit sluit sy bedrogsaak in teen sy voormalige finansiële raadge¬wer, Schabir Shaik.

“Hy moet die koste uit sy eie sak betaal,” het Mazibuko gesê.