Die rykste man ter wereld!


Bill Gates is vanjaar weer die rykste man ter wêreld.
Hy was in 2007 ook die rykste man volgens die Bloomberg miljardêr-indeks.

Die Amerikaner het dié plek weggeraap voor die neus van die Mexikaanse telekommunikasie-miljardêr Carlos Slim.

Bill Gates (57), die stigter van Microsoft, se fortuin word bereken op sowat R685 miljard.