Die risiko van vreemde arbeid


Mnr. George Prinsloo, die eienaar van Midas Winkel in Van der Hoffstraat Pretoria, het ervaar watter skade vreemde arbeid kan meebring.

Sy winkel is Maandag beroof van R60,000 kontant nadat diewe presies geweet het hoe om in die winkel in te gaan en waar die kluis is.

Die boewe het die kluis met plofstof oop geskiet waarna hulle met die geld verkas het deur die dak van die gebou.

Hulle het geweet hoe die alarm se kabels loop en dit, saam met die telefoondrade ontkoppel.

“Hulle het al die netwerkkabels, telefoondrade en die kringtelevisie ontkoppel,” het Prinsloo gesê.

Dit is duidelik dat binne inligting bekom is deur die boewe.