Eers land ’n vliegtuig op die militêre Waterkloof lugmagbasis.
Toe word rooi tapyte uitgerol vir die meer as 200 gaste wat op pad is na Sun City waar die Gupta-troue gaan plaasvind
Die Suid-Afrikaanse Polisie se voertuie word ingespan om die vloot luukse voertuie wat die gaste oplaai, te begelei na Sun City.
Die Gupta-familie het in die jare na 1993 in die land aangekom en is vriende van pres. Zuma.
Die SANW woordvoerders beweer dat die Lugmag geen inligting het oor wie die landingsregte toegeken het nie
Kenners meen dat die voorval daarop neerkom dat Suid-Afrika op enige oomblik binne geval kan word en selfs oorgeneem kan word deur ’n vreemde moondheid sonder dat een skoot geskiet word.
Niemand weet wie die Gupta-gaste toegelaat het om op die lughawe te land nie. Niemand weet blykbaar wie die groot aantal eenderse voertuie gereël het om die gaste op te laai nie. Niemand weet wie besluit het dat die rooi tapyte uitgerol mag word nie. Niemand weet wie die polisie gemagtig het om die gaste te begelei met amptelike polisievoertuie nie.
En nou die groot raaisel: Die ANC is glo woedend oor die hele voorval!
Kenners meen dit is die beste voorbeeld van hoe effektief Suid-Afrika se Weermag is! Die vorige goeie voorbeeld was toe die SANW se soldate gevlug het uit die SAR.
Hierdie hele Gupta opmars is om vir ons Afrikaners en ander blankes te wys dat ons “Big time” verloor het, en dat die donker velle van die wêreld ons oorwin het.
Daarom ook dat hulle die Afrikaner verder wou verkleineer deur op Blanke diens aan te dring by die troue.
Dit nie oor die “onbevoegdheid van swartes nie.
En die feit dat daar op Waterkloof geland word was weereens ‘n magsvertoon wat op die Afrikaner gemik was.
En nou word daar geglo dat ons kamstig moet “Goed’voel hieroor dat ons bo swartes gekies was.
Word tog wakker mense.