Die planne van ’n bankrot Lugmag


Die Vryburger het reeds verskeie berigte geplaas van die Lugmag se afskaling wat die effektiewe funksionering ernstig benadeel.

Talle vlieëniers- asook navigator-opleidingskursusse in die lugmag is gekanselleer weens ’n gebrek aan fondse in die SANW.

Nou word daar oorweging gegee aan die moontlikheid dat voornemende vlieëniers, navigators en alle offisiere eers hul graad by die Militêre Akademie in Saldanha moet verwerf alvorens opleiding verskaf kan word.

Slegs diegene wat gegradueer het, sal dan vir verdere opleiding kwalifiseer.

Die verdere afskaling van aktiwiteite in die lugmag sal waarskynlik ook daarvan afhang of pres. Jacob Zuma, en die kabinet beter planne het om die Lugmag van totale ineenstorting te red.

Die bedanking van baasvlieëniers uit die Silwer Valke word deur kenners bestempel as ’n ernstige aanklag teen die SANW se vermoë om binne ’n begroting effektief te funksioneer.