Die nuus is krapperig


Suid-Afrika se boeremusiek liefhebbers het met spyt verneem van die skielike heengaan van Nico van Rensburg wat diep spore getrap het in die musiekwêreld.
Die mynstaking is besig om vernietigend in te werk op die landsekonomie. Die Oranje Sake Instituut se verklaring in die verband is tydig en dwing ons om deeglik daarvan kennis te neem.

Terwyl die jeug oor hulle voete val om die Kanadese popsanger te sien ente hoor, word daar op eg Suid-Afrika wyse miljoene Rand gesteel waar die optrede plaasgevind het.

Die Gupta-familie is al weer in omstredenheid met hul kospakkie uitdeel projek – en dit is blykbaar so ooglopend dat selfs ANC lede beswaar aanteken daaroor. Aan die anderkant is dit vreemd beswaard is daaroor terwyl hulle self kospakkies uitdeel aan verarmde blankes wat hulle verkiesingskonferensie moes bywoon.

Uiteindelik het die arm blankes toe nie eers kospakkies ontvang nie! Dit is nie net nog ’n verkiesings foefie om stemme te werf nie, dit is ook ’n gruwelike misbruik van honger mense se gretigheid om ’n bietjie kos in die hande te kry.

En dit is nie net Malema se goed wat verkoop word nie. Lees gerus die berig oor Winnie Mandela wat nou ook kosbare goed kan verloor met die veiling wat by haar huis gehou gaan word.

Die vinnige optrede van twee mans in Bloemfontein om ’n span diewe aan te keer, is ’n voorbeeld vir baie ander. Ewe prysenswaardig is die jong Vrystaatse boer wat sy bedinging gebruik het en nou haselneute gaan produseer.

As die jonge Charlize die res uitstof met skaak tydens ’n internasionale kompetisie, dan is dit seker genoeg rede om te glo dat sy ook uitstekend vaar op die skoolbanke met die akademie.

Dan is daar nog nuus vir die dames – lees gerus wat word kwytgeraak oor waterblommetjies.

Lees ook die verslag van Volksmoord-Projek2010.

Die lywige verslag van die Boere-Afrikaner Volksraad sal enige leser se belangstelling opeis. Maak seker dat u dit nie miskyk nie!

Hierdie week se nuus is krapperig. Dit wek ’n onrustigheid by ons mense, maar met harde werk wat gedoen word in die geloof, kan ons menige krapperigheid uit die weg ruim.

Om die onrustigheid verder te verlig word aanbeveel dat die Sweep se artikel eerste gelees word!

Behalwe vir die nuusbrief se paar berigte wat lesers per e-pos bereik, is daar nog hope nuusberigte op die hoofblad. Besoek gerus Die Vryburger by www.dievryburger.co.za

Redakteur