Die Jakkals wil appelleer


Die Jakkals, wat bekend was as Carlos, ’n flambojante terroris en selferkende rewolusionêr wat waarskynlik die mees gesoekte man tydens die Koue Oorlog was, wil nou appelleer teen die lewenslange tronkstraf.

Hy is die straf opgelê badat hy twee dekades gelede die meesterbrein agter bomaanvalle in Frankryk was.

Carlos, wie se regte naam Ramirez Sanchez is, dien twee keer lewenslange tronkstraf uit in ’n tronk in Frankryk. Hy dien die straf uit vir ’n driedubbele moord in 1975 asook vir twee bomaanvalle in 1982 en 1983.

In die bomaanvalle is 11 mense dood en sowat 150 ander beseer.

Franse agente het hom in 1993 opgespoor en in 1994 vasgetrek in Soedan.