Die FVP steun Kleinfontein


Die Federale Vryheidsparty ondersteun die inisiatiewe van die Kleinfontein Kooperatiewe instelling ten ooste van Pretoria.
In ’n verklaring sê die woordvoerder van dié party dat die burgemeesterskomitee se siening oor Kleinfontein inherent verkeerd is in die lig van Suid-Afrika se verlede.

“Die Federale Vryheidsparty is van mening dat die tyd ryp is vir die Boere-Afrikaner om as ‘n etniese groep, ‘n outonome provinsie (“staat”) te kry en dat etniese verskille en diversiteit in ons gemeenskap gerespekteer kan word, soos dit vervat is in die Grondwet. Die ANC het ‘n akkoord met die Boere-Afrikaner vir selfbeskikking. Dit kan saamgevat word in die woorde van Regter Albie Sachs van die Konstitusionele Hof,” het hy gesê.