Die Eerste Geneties-gemanupileerde babas Gebore.


Verlede week is dit openbaar gemaak dat dertig babas d.m.v genetiese manupilasie in Amerika gebore is.

Hierdie openbaarmaking het ‘n nuwe debat oor etiek in die wetenskap aan die gang gesit.

Tot dusver is bevind dat twee van die babas wat getoets is die gene van drie “ouers” bevat.

Die kinders is gebaar deur vrouens wat nie kon swanger raak nie. Ekstra gene, geskenk deur ‘n vroulike donateur, is by die eiselle ingevoeg voor dit bevrug is.

Genetiese vingerafdruk toetse op 2 eenjaaroue kinders het bevestig dat hulle hulle DNS van drie volwassenes – twee vrouens en een man – geërf het. Die feit dat die kinders hierdie ekstra gene in hulle “kiemblad” (germline) geïnkorporeer het, beteken dat hulle dit na hulle kinders sal kan oordra.

Kiemselle produseer die selle wat die helfte van ‘n individu se gentiese inligting dra.

Om die “kiemblad” (germline) te verander, beteken dat daar nou met die genetiese geskiedenis van ons spesie gepeuter word. Hierdie stap word deur die meeste van die wêreld se wetenskaplikes verwerp.

Genetici vrees tereg dat hierdie metode gebruik kan word om nuwe rasse te “skep” met spesifieke eienskappe soos bv. imbesiliteit of hoë intelligensie of buitengewone krag.

Die hoof van die groep wetenskaplikes wat hierdie kinders “geskep” het, professor Jacques Cohen, sê dat hierdie die eerste keer is ” .. dat menslike kiemblad deur genetiese manupilasie suksesvol in babas oorgedra is.”

Hierdie stap word kwaai deur ander wetenskaplikes gekritiseer. Lord Winston van die Hammersmith Hospitaal in Wes-Londen het in ‘n onderhoud met die BBC gesê: “Daar is nie genoegsame bewys dat hierdie tegniek vir die behandeling van onvrugbaarheid die moeite werd is nie. Ek is baie verbaas dat dit gedoen is. Dit is definitief teen die wet om dit in Brittanje te doen.”