Dalk net ʼn duur buitelandse vakansie


Die Nelspruit munisipaliteit wil by die Indonesiërs gaan leer en raad vra oor hoe om wanbetaling en water- en krag diefstal in onwettige plakkerskampe te bekamp.

Volgens Cathy Dlamini, die burgemeester, is meer as R33 miljoen se krag en water deur plakkerskamp bewoners gesteel.

Die Raad slaag ook nie daarin om uitstaande rekenings se geld in te vorder van inwoners van nabygeleë buurte waar swartes woon nie.

Die Raad het nou ingestem dat R166,000 bestee word om twee raadslede en drie senior amptenare vir vyf dae Indonesië toe te stuur vir raad om die situasie te red.

Die beplande toer het egter kwaai onder skoot gekom omdat die burgemeester geen uitgawe begroting of reisplan voorgelê het nie.

Waarnemers is van mening dat die hele sending maar net n duur vakansie op die rekening van belastingbetalers is. Die bekamping van diefstal is sekerlik die werk van die polisie, word gesê.