CVO Gromar presteer tydens Sportbyeenkoms

Vroeer vanjaar het die Landswye Atletiekbyeenkoms van die BCVO skole plaasgevind te Sasolburg.

Vier van die CVO-Gromar skool van Groblersdal se atlete, Amelia Breytenbach (0/8), Lean Vosloo (0/11), Minette Terblanche (0/18) en Maryke de Jager (0/18) het selfs onderhoude gehad oor die radio.

Amelia is uitgevra oor items waaraan sy deelgeneem het, waarop sy kon vertel dat sy aan die 600 m, 60 m en 80 m deelgeneem het en dat sy tweede in die 80 m finaal geëindig het.
Lean is ook uitgevra na sy items en het vertel dat hy aan die 70m hekkies, 1200m, 100m en verspring deelgeneem het. Hy het eerste plekke behaal met die 1200m en verspring, en tweede plekke met die hekkies en 100m.
Minette moes na ‘n moordende 3000 m uitbrei oor haar oefenprogram, haar strategie wat sy gevolg het om hierdie item loshande te kon wen, en ook hoe lank sy al voorberei vir die 3000 m. Sy het ook deelgeneem aan die 1500 m, waar sy ‘n eerste plek behaal het, en die 800 m, waar sy ‘n tweede plek behaal het.
Maryke is uitgevra oor watter items haar gunsteling items is. Sy kies die 200 m (sy behaal ‘n tweede plek daar) en die hoogspring (waar sy ‘n eerste plek behaal het en dan ook die rekord gebreek het). Sy het ook tydens die byeenkoms deelgeneem aan die 100 m en verspring, waar sy met beide hierdie items ook eerste geëindig het.

Al vier atlete het hul afrigters bedank vir die tyd wat aan hul afgestaan is.

Meegaande foto’s vertel n eie verhaal